Thursday, June 30, 2011
Wednesday, June 22, 2011
Vrystaat
I joined die see on their Freestate tour in March. We saw beautiful places met cool people and most importantly I started drinking tequila again...

Vrystaat
'n dors wat brand
'n lus om te blus
'n vriend se raad
'n vrystaat
'n honger wat vreet
'n wil om te weet
'n vrou se raad
'n vrystaat
laat die sap van die wingerd vrylik vloei
die vrug van die boord belowend bloei
laat die fungus gerus maar groei
laat die vrou weer wild haar werwels tilt
- Vrystaat van die see
Read more about the tour and die see on their blog.

Vrystaat'n dors wat brand

Tuesday, June 21, 2011
Tranquilo, tranquilo!
We visited Argentina in January 2010 and spent one day on horseback in the Pategonia landscape. Naweek+ in Beeld published a story about this adventure.
The story as it appeared in Naweek+

The pictures:

The story:
Die helder rivier wat oor gladde spoelklippe tussendeur die berge en rotsformasies in Patagonië, Argentinië, loop, herinner baie aan die Amerika wat die meeste van ons in cowboy-flieks leer ken het. ALET PRETORIUS het dié plattelandse omgewing naby San Carlos de Bariloche op ’n perd se rug verken.
Soos wafferse cowboy deur pragtige landskap
‘Tranquilo, tranquilo!” verseker die reisagent in Bariloche, Argentinië, ons op ons vraag of dié perdry-uitstappie ook vir beginners is. Ons vat sy woord hiervoor (en ons voel avontuurlustig) en bespreek vir ons ’n plek. Die volgende oggend kom laai ’n 4x4 (kompleet met ’n verwarmer – waarop die tradisionele Argentynse drankie mate warm gehou word) ons voor die hotel in San Carlos de Bariloche op.
Dié dorp dien as ’n gemaklike basis vir uitstappies na die omliggende ongetemde platteland.
Die enigste tekens van beskawing wat ons langs die pad sien, is ’n man wat in ’n stroom water met sy kunshengel-toerusting staan. So ’n entjie verder – waar hy sy tentjie opgeslaan het – brand ’n vuur waarop die vis wat hy gaan vang sekerlik later gebraai gaan word. Daar is ook een of twee eenvoudige plaashuisies in die verte.
Ná ’n uur se geskud agter in die 4x4 kom ons by die plaas aan. Daar’s twee klein houthuisies, ’n buite-kombuis onder ’n baie groot boom, ’n paar hoenders op die werf en die groot oop veld vir die perde. Onder die boom is ’n gaucho (Argentynse cowboy) besig om vuur te maak. Hy is geklee in leerstewels, gemaklike katoenklere en ’n kleurvolle geweefde gordel waarin ’n groot silwer mes gesteek is.
Die gids, Frederico, begin die perde gereed kry terwyl ons maar bra senuweeagtig rondstaan. Sonder seremonie word elkeen van ons op ’n perd “gepak”. Frederico is ’n baie ervare ruiter, maar van sy Engels kan allermins dieselfde gesê word. Ons Spaans is boonop beperk tot groet – en wyn en biefstuk bestel. En daar, sonder enige formele aanwysings, begin die perde Frederico en mekaar volg.
Binne die eerste tien minute besluit my perd om summier ’n groep wilde perde te volg teen ’n spoed wat dit vir my onmoontlik maak om bo-op die perd se rug te bly vasklou. My waardigheid is egter baie erger beseer as die res van my lyf, en ek neem die (baie moeilike) besluit om terug op te klim en verder te ry. Terwyl ons deur die pragtige omgewing ry, wonder ek heeltyd of my reisversekering perdry-beserings insluit …
Die plat grasvelde verander geleidelik in klipperige bergpaadjies. Die rit tot bo-op een van die koppies is vreesaanjaend, maar die panoramiese uitsig maak op vir die tog soontoe. Die rit af is baie ongemaklik: tot ek besef jy is veronderstel om agtertoe te leun as jy afdraande ry …
Ek is verlig toe ons weer die houthuisie sien en ek my voete op die grond kan plant. Dáár wag vir ons ’n tradisionele asado (braai) vir middagete. Ons is al redelik versadig ná die voorgereg van moronga of morcilla (bloedwors), chorizo (speserywors), mollejas en entranas (ingewande) en slaai toe die hoofgereg van gebraaide hoender en hompe beesvleis nadergebring word. Asof dit nie genoeg is nie, moet ons nog plek maak vir die nagereg – panettone en ander soetgebak.
Ná middagete pak ons die tweede deel van die rit aan en ek voel aansienlik gemakliker op die perd. Ek weet nie of dit is omdat ek besef dat ek die perd kan beheer met die leisels, en of dit dalk meer te doen het met die Quilmes (plaaslike bier) wat ons saam met middagete gedrink het nie. Ieder geval – die uitsig word net al hoe mooier. Die helder rivier wat oor gladde spoelklippe tussendeur die berge en rotsformasies loop herinner baie aan die Amerika wat die meeste van ons in cowboy-flieks leer ken het.
Teen dié tyd voel ek in elk geval soos die ster in my éie cowboy-fliek. Ek kan die perd behendig lei na waar ék wil ry en versigtig aanspoor om effens vinniger te beweeg. Ons galop selfs deur ’n rivier en kom lewend anderkant uit. Maar net om jou te herinner dat die perd stééds ’n wil van sy eie het, loop hy so nou en dan onderdeur ’n lae boom en moet jy koes dat die boom jou nie van die perd af vee nie.
Die tweede rit gaan veels te vinnig verby en almal is half spyt die avontuur is op ’n einde.
* Praat saam
*Tranquilo – kalm, rustig, vreedsaam of ’n tussenwerpsel wat ontspan beteken.
*Mate – Tradisionele Argentynse drankie.

Random Travels, Random Pics
Fishtank at Pretoria Zoo, 2009
View of Pretoria from the zoo cable car, 2009
In flight in Botswana, 2004
Blue Bottle in Tofu, Mozambique, 2009
Crows Mozambique, 2009
Milnerton beach, 2007
Hornbill in Bela Bela, 2009
Barbershop in Ga-Rankuwa, 2008
Crab skeleton in the Transkei, 2007
Cheetah at Zebula, 2010
Famous yellow raincoat in Keimouth, 2007
Reflection of Johannesburg taken from the Jakaranda traffic helicopter, 2010
Dad fishing in the Transkei, 2007
Mr Maluleka at Badplaas, 2008
Dr Buba in Ga-Rankuwa, 2009
Braiding in Attrigeville, 2008
Koringkriek in the Fish River Canyon, 2008
Sometimes you do not have to travel very far to travel very far.
Subscribe to:
Comments (Atom)